Assassyne

Orde van Assassyne
Ruïnes van die Alamoet-kasteel.
Ruïnes van die Alamoet-kasteel.
Gestig 1090
Ondergang 1275
Soort Militêre orde
Doel Sluipmoorde, asimmetriese oorlogvoering, psigologiese oorlogvoering
Ligging Midde-Ooste
Leier se titel Imam
Leier se naam Hassan-i Sabbah
Affiliasies Nizari-Ismaili-staat

Die Orde van Assassyne, of bloot die Assassyne, is ’n algemene naam wat verwys na ’n Islamitiese sekte wat amptelik as die Nizari-Ismaili's bekend was. Gebaseer op geskrifte van Alamoet het hul grootmeester, Hassan-i Sabbah, sy dissipels Asāsīyūn (أساسيون, "mense wat getrou is aan die grondslag van die geloof") genoem, maar sommige mense het verkeerdelik geglo die naam is afgelei van die term hasjisj.[1][2][3]

Die Nizari-Ismaili's, wat dikwels beskryf is as ’n geheime orde wat gelei is deur ’n geheimsinnige "Ou man van die Berg", is in die laat 11de eeu gestig ná ’n skeuring in die Ismailisme – ’n tak van die Sjiisme.

Die Nizari's het ’n strategiese bedreiging ingehou vir die Soennitiese Seldjoekse owerheid deur die besitneming van verskeie bergforte dwarsoor Persië en later Sirië. Asimmetriese, sielkundige en sjirurgiese oorlogvoering was dikwels deel van die Assassyne se taktiek; hulle het hul vyande eerder tot oorgawe gedwing as om hulle dood te maak.[4]

Hoewel "Assassyn" gewoonlik na die hele sekte verwys, was net ’n groep kommandolede bekend as die fida'i in werklikheid in konflik betrokke. Omdat hulle nie hul eie leër gehad het nie, het die Nizari's op hierdie vegters staatgemaak vir spioenasie en sluipmoordaanvalle op belankrike vyande, en oor ’n kwessie van 300 jaar het hulle baie kaliefs, visiere en Kruistogleiers doodgemaak.[5] Die Kruistogvaarders het die Nizari's geken en gevrees.

Tydens die bewind van imam Rukn-ud-Din Khurshah het die Nizari-staat agteruitgegaan en dit is eindelik deur die invallende Mongole verslaan en vernietig. In Europese bronne, veral die werk van Marco Polo, is verwysings na die Assassyne gevind as opgeleide moordenaars wat verantwoordelik was vir die stelselmatige uitwissing van mense wat hulle teengestaan het. Die Engelse woord assassin, "huurmoordenaar", is van hul naam afgelei.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Burman70
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Lewis30
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Daftary
  4. Lane-Poole, Stanley (1906). Saladin and the Fall of the Kingdom of Jerusalem. Heroes of the Nations. Londen: G.P. Putnam's Sons.{{cite book}}: CS1 maint: ref duplicates default (link)
  5. Acosta, Benjamin (2012). "Assassins". In Stanton, Andrea L.; Ramsamy, Edward (reds.). Cultural Sociology of the Middle East, Asia, and Africa: An Encyclopedia. Sage. p. 21. Besoek op 13 Oktober 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search